Limpopo Baobab Trees.

The Baobab tree is the icon of Africa.  Often called the up side down tree because of it’s haphazard branches, it is however one of the most magnificent trees on the African plains. The baobab tree dots the landscape of Limpopo with its majestic presence and seeing this tree in its natural environment is a must for every tourist who comes to South Africa. Local people protect the tree because of it’s importance in their daily lives. The tree provides shelter from the sun, it’s leaves can be eaten like spinach, its fruit provide a rich source of Vitamin C, it’s bark can be used to make rope and its seeds for making oil.  Around every Baobab tree live a host of animals.  Monkeys clamber up its branches, leopards are sometimes seen resting on a limb, parrots and hornbills nest in holes in the tree and bats eat the pollen from the Baobab flowers

Decorative Baobab Trees

Where it all started ?

A few years ago I made a Baobab tree for Christmas when I could not get hold of the traditional pine tree to decorate.  The tree that I made captured the imagination of everybody who visited me and I soon got an order for an almost life-size tree to display in a shopping centre.  From here on the orders started rolling in and I have not looked back.  I now produce trees for local curio shops, lodges and corporate companies.  I am now looking at the European market including exhibiting at the Artigiano in Fiera Italy. The production of these Baobab trees has now become my passion.  This has allowed me to create jobs and to develop the creative skills of artists in the local community.

How the trees can be used.

The trees are ideal to be used as indoor décor in rooms and areas where one wants to create a sense of Africa.  They can also be used as African Christmas trees.

Sizes

The trees come in a variety of sizes: 10 cm, 25 cm, 50 cm, 1 m, 1 ½ m and larger.  Prices vary with size and cost of transport and packaging. Limpopo Baobab Trees are designed, created and inspired by Sandra Boshoff. sandra@ratho.co.za

Afrika-Kersboom n Absolute moet vir n ware Afrika-Kersfees. 
Geinspireer deur Afrika se 
unieke kremetartboom en geskep 
met kreatiewe passie en entrepreneursvernuf 
deur Sandra Boshoff en haar Zimbabwiese helpers.
Bestel nou jul egte handgemaakte Afrika-Kersbome:
Pryse wissel volgens grootte - aflewering kan gereel word.

1m - R1000

50cm - R500

25cm - R250

10cm - R100

Verskeidenheid groottes: van 10cm tot 1.5m en hoer.
Kerskremetarte en Krokodille - Sandra Boshoff van Mapungupwe

Dis eers by Alldays – wanneer ek omkyk en besef dit wás Alldays, dat die woord “afgeleë” die eerste keer sy volle betekenis kry.  Hier is regtig niks! Ek het geweet Sandra Boshoff woon ver, op die grens met Zimbabawe sowel as Botswana, maar dis eers híer dat ek besef dat  Polokwane, twee ure gelede, waarskynlik die laaste plek was waar mens nog iets sou kon koop om nie met leë hande op te daag nie. Vergeet dus maar van blomme, ‘ n sepie, ‘n tydskrif, want geen een van die gewone sekuriteitsimbole van ons bestaan vind jy hier tussen die stowwerige plate doringbos, die groepies hutte en die enkele reuse ou kremetart op die horison nie.

Sandra het pas die eer te beurt geval om aangewys te word deur die Departement “Trade and Industry”, om Suid Afrika te verteenwoordig by die “Artigiano in Fiera” uitstalling in Milaan. Om boonop nog die enigste wit kandidaat te wees uit nege ander, in ‘n land waar vroue se handwerk miljoene monde voed, is sowaar ‘n prestasie. Die reuse handwerkskou in Milaan poog om entrepreneurs en beginners wat handwerk bemark, internasionale blootstelling te gee.

Ek het kom kyk na Sandra se produk, handgemaakte kremetartbome uit draad en meeesal piesangblare, en kan sien hoe dit duidelik geinspireer is deur haar omgewing. Ek speel met die woord Mapungupwe op my tong, en proe hoe dit vertel van oertye: Ystersmelterye in die koppies, klipmure gestapel vir wonderbaarlike strukture, en mensies in velklere wat op die rotse verf. Die geluid van tromme in die nag.  Tussen die oorblyfsels uit daardie tyd, en die kremetarte en granietkoppies, met die Limpoporivier se (meesal droë) loop aan die een grens, het Sandra en haar man, Johan Boshoff, oor 24 jaar ‘n modelplaas hier gevestig, met elke hoekie benut en netjies bestuur. Tog het hulle aan die gees van Mapungupwe getrou gebly, want vanaf hul huis onder die koel koorsbome kan mens aan die ander kant van die grensdraad enige tyd ‘n olifant sien verbyloop, of ‘n seekoei hoor plons in een van die Limpopo se agtergeblewe poele na die jaarlikse vloed. Bosbokkies wei onverstoord in die vloedvlakte tussen die Ana bome en op die horison troon die rotse van die vele geheimenisvolle koppies.

Die vrolike Sandra Boshoff se lewensfilosofie, “Jy moet dinge vir jouself lekker máák…” word duidelik soos wat die vele bedrywighede op die plaas begin ontvou. Die reuse bedryf van uitvoersitrus, groente, eksotiese wild, krokodille en toerisme, benodig ‘n hele aantal voormanne en hul gesinne en huisves ook ‘n indrukwekkend groot werkersdorpie. Johan Boshoff was 2003 se Aartappelboer van die Jaar, en voer onder andere ook pragpomelo’s uit na die buiteland. Groot pakhuise vir die vrugte en groente, koelkamers, verskeie woonhuise vir personeel en ‘n curio winkel met koffie-geriewe, asook twee luukse safari-tentkampe maak deel uit van wat Sandra haar man help opbou het. Sy staan nog steeds reg om hand by te sit in die kantoor of waar ookal benodig, want die hart van die groot bedryf klop soos in enige midde-stedelike maatskappy. Groot vragmotors vertrek byna elke dag na die markte in Johannesburg en Durban, en Johan se vele bedrywe in Botswana en elders verg elke greintjie tyd en aandag.  

Maar gaandeweg het Sandra se inisiatief en lewensdrif sy eie weg gevind hier op Ratho, en het sy die toerisme afdeling oorgeneem en gekoppel aan die groter Mapungupwe netwerk. Dan hou sy nog ‘n oog oor die 6,000 krokodille se voeding en ‘n hele dieretuin van nagapies, vlakvarke en ander grootmaakdiere ook! Die idee van die Kremetartboom bedryf het ongeveer drie jaar gelede begin, toe sy iets simbolies van die Mapungupwe roete in die Noordelike Provinsie wou weergee in haar curio-winkeltjie, en met miniatuur Kremetartboompies van ongeveer 30 cm hoog begin eksperimenteer het. Gou het hierdie boompies geskenke begin word en het haar alternatiewe kersboompies in Sandra se vriendinne se huise begin pryk, behang met tarentaalveertjies en kleurvolle sade. ‘n Meter hoë boom in haar huis is verkoop aan iemand wat dit in ‘n winkelsentrum vertoon het, en dit het twee jaar later aan haar die kontrak besorg om nege verstommende, 4 meter-hoë kremetart kersbome aan ‘n winkelsentrum in Polokwane te lewer, versier met peule en sade, houtkrokodilletjies, zebras en kameelperde, vere en klein lemoentjies. Dit was die begin van haar nuutste, en miskien mees ambisieuse bedryf.

Sandra glo die aandag wat die bome trek het te doen met mense se behoefte aan iets wat hulle verbind aan die bodem van Afrika – ‘n kersboom, so tipies, so rég, en so groots – hoekom het niemand nog daaraan gedink nie!  Sandra se kremetartbome het ook weerklank gevind in haar Godsdiens.

“Hoekom moet ons God eer met Europese simbole?”, vra sy. Veral vir die Noordelike Provinsie, maar tog op ‘n manier ook vir Suid-Afrika en verder noord, is die kremetart ‘n vergestalting van grootsheid en Goddelikheid, ons eie, ware Boom van die Lewe. “Ek stel my voor dat toe die wyse manne uit die Ooste vanuit hulle woestyngebied die Ster gevolg het, het hulle dit sien skyn bokant palmbome by oases. Miskien is dit waar die simbool van die ster bo-op die kersboom vandaan kom? Daarom wil ek Kerstyd mý Ster bo-aan ‘n kremetartboom sien hang, nie aan ‘n denneboom nie. Vir my is dáárdie simbool, met die helder sterre in die hemel rondom ons en die majestieuse ou oer-Kersboom, dit wat ons en Christus hier aan Afrika vasbind. ‘n Versinnebeelding van ‘n regte, helder Somerkersfees.”

Toe ek die klein grenspos by Pontdrift oorsteek na Botswana (kompleet met ‘n pont aan ‘n kabel om voertuie deur te trek in tye wanneer die Limpopo afkom!) is ek stil vir ‘n hele ruk.  Daar ís nog ware Afrikanerpioniers, mense wat hou van die uitdaging om uit niks iets totstand te bring en te vervorm tot kuns wat ons weer aan ons bodem en ons identiteit vasmaak. Mense wat nie deur die uitdagings van Afrika geknak word of vervreem word van hulle identiteit nie, maar vóórlopers word wat vanuit hul geloof lewe.